Sting

Sting
Sting by die première van die rolprent Moon.
Agtergrondinligting
GeboortenaamGordon Matthew Thomas Sumner
Gebore2 Oktober 1951 (1951-10-02)
Wallsend, Northumberland, Engeland
GenresRock, pop, new wave, jazz, new-age, blue-eyed soul, reggae, post-punk
Beroep(e)Musikant, sanger-liedjieskrywer, rekordprodusent, aktivis, akteur, filantroop
InstrumenteStem, baskitaar, klawerbord, kitaar, harp, mondfluitjie, saksofoon, hobo, double bass, baskitaar pedale, drum machine
Jare aktief1971–hede
EtiketteA&M, Deutsche Grammophon, Universal Music Group
AssosiasiesThe Police, Strontium 90, Eberhard Schoener, Curved Air, Dire Straits, Afrojack, Cheb Mami
Webwerfwww.sting.com

Gordon Matthew Thomas Sumner (geb. 2 Oktober 1951), beter bekend as Sting, is ’n Engelse musikant, sanger, liedjieskrywer, aktivis, akteur en filantroop. Hy was die hoofsanger en -liedjieskrywer van die rockgroep The Police, en het daarna ’n solo loopbaan gevolg.

Sting het duidelike elemente van rock, jazz, reggae, klassieke musiek, new-age en worldbeat in sy musiek opgeneem.[1] As solokunstenaar en lid van The Police het hy 16 Grammys ontvang (sy eerste was vir beste rockinstrument-uitvoering in 1980), asook drie Brit Awards (onder meer vir beste Britse man in 1994 en uitnemende bydrae in 2002),[2] ’n Golden Globe en ’n Emmy. Hy is ook verskeie kere benoem vir ’n Oscar vir beste oorspronklike liedjie.

Sting is in 2002 in die Songwriters Hall of Fame en as lid van The Police in 2003 in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem, en in 2000 het hy ’n ster gekry op die Hollywood Walk of Fame.

As lid van The Police het hy een van die sangers geword met die beste verkope in die wêreld. As solokunstenaar en lid van The Police is meer as 100 miljoen van sy albums wêreldwyd verkoop.[3] In 2006 het die tydskrif Paste hom 62ste geplaas op hul lys van die 100 beste lewende liedjieskrywers,[4] hy was 63ste op VH1 se lys van 100 beste rockkunstenaars[5] en 80ste op die tydskrif Q se lys van 100 beste musieksterre van die 20ste eeu.[6] Hy het ook al saamgewerk met talle ander groot kunstenaars soos Craig David, Bryan Adams en Rod Stewart, en het die Noord-Afrikaanse musiekvorm Raï aan Westerse gehore bekend gestel met sy internasionale treffer "Desert Rose" saam met Cheb Mami.

  1. Stephen Thomas Erlewine. Sting-biografie, AllMusic. URL besoek op 29 November 2014
  2. "Brit Awards 2002: The winners" (in Engels). BBC News. 20 Februarie 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2017. Besoek op 9 Mei 2014.
  3. "Sting Is Worth $300 Million, But Isn't Leaving It To His Kids". Forbes.com (in Engels). 13 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 20 Julie 2014.
  4. "100 Greatest Living Songwriters" (in Engels). pastemusic.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 13 Januarie 2013.
  5. "VH1 Greatest Artists of Rock" (in Engels). Rockonthenet.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2019. Besoek op 30 Januarie 2014.
  6. "The 100 Greatest Stars of the 20th Century" (in Engels). Q Magazine. Augustus 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 29 Januarie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search